Mumbai

Mumbai
मुंबई

Kaart Wapen
Distrikte
 Land Vlag van Indië Indië
 Deelstaat Maharashtra
 Koördinate 18°58′N 72°50′O / 18.967°N 72.833°O / 18.967; 72.833
 Stigting 1507
 Oppervlakte:  
 - Totaal 603 vk km
 Hoogte bo seevlak 14 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2011) 12 442 373
 - Bevolkingsdigtheid 21 000/vk km
 - Metropolitaanse gebied 18 414 288
 Tydsone UTC+05:30
 Burgemeester Vishwanath
Mahadeshwar (Shiv Sena)
 Amptelike webwerf mcgm.gov.in

Mumbai of Moembai (Marathi: मुंबई Mumbaī [ˈmumbəi], tot 1996 Bombaai) is die hoofstad van die Indiese deelstaat Maharashtra en die Indiese subkontinent se belangrikste seehawe. Met 'n bevolking van 12,5 miljoen in die stadsgebied (volgens die laaste sensus van 2011 en sonder periferiese voorstede) is Mumbai die grootste stedelike nedersetting in Indië en een van die bevolkingrykste metropole ter wêreld. Die Metropolitaanse Gebied van Mumbai (Mumbai Metropolitan Region, MMR) sluit digbevolkte gebiede in die noorde en die stad Thane in, met 'n totale bevolking van 28,4 miljoen.

Mumbai in 1888

Die stadsgebied is op die eiland Salsette langs die weskus van Maharashtra geleë. Die historiese middestad is op 'n smal landstrook geleë wat vanuit die moerasgebiede in die Arabiese See strek. Hier word 'n ryk argitektoniese erfenis aangetref met 'n kenmerkende plaaslike variant van historisme. Hierdie boustyl kombineer Britse invloede met 'n Britse interpretasie van die inheemse Mogoel-boukuns.

Mumbai is die ekonomiese spilpunt van Indië asook 'n belangrike vervoerspilpunt. In Mumbai se diep natuurlike hawe word meer as die helfte van Indië se passasiersvervoer hanteer. Die stad is daarnaas 'n eersteerangse kulturele en opvoedkundige sentrum met universiteite, teaters, musea en kunsgalerye.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search